ONS DIENSTE

Die voerkraaleienaar se fokus is om die voerkraal as ‘n produksie-eenheid biologies en as besigheid finansieël suksesvol te bestuur. Elke voerkraal het unieke omstandighede en vereis hierdie taak uiteenlopende kennis en ondervinding van produksiefaktore waaroor daagliks regte besluite geneem moet word. Korrekte voeding is die belangrikste faktor in die eienaar se hand om die grootste impak op die voerkaal se sukses te maak.
Mixcure se fokus om ‘n voerkraal met gespesialiseerde en tegniese voedingskennis en -ondervinding te ondersteun om regte besluite te neem. Hier word die regte besluite oor voeraankope volgens voedingswaarde, voerprosessering, voerformulering, daaglikse kripbestuur en die ekonomieseimpak van voeding op winsgewendheid in aanmerking geneem.

OUR SERVICES

The feedlot owner’s focus is to manage the feedlot as a production unit that is both biologically efficient and financially successful as a business. Each feedlot operates under unique conditions, and this task requires diverse knowledge and experience of production factors on which correct daily decisions must be made. Proper nutrition is the most important factor within the owner’s control to make the greatest impact on the success of the feedlot.
Mixcure’s focus is to support feedlots with specialized and technical nutritional knowledge and experience to enable sound decision-making. This includes making the right decisions regarding feed procurement based on nutritional value, feed processing, feed formulation, daily bunker management, and evaluating the economic impact of nutrition on profitability.

Konsultasieprosedure

Om effektief advies te kan gee moet alle aspekte van die voerkraal in terme huidige fasiliteite en toerusting, voerformulasies en beskikbare voerbronne, voerpraktyke, gesondheidsbestuur, ens. Eers onder oë geneem word. Die huidige stelsel lewer ook ‘n bepaalde biologiese en ekonomiese prestasie wat ‘n aanduiding van produktiwiteit van die kraal sal wees. Met hierdie inligting kan regstellings of alternatiewe praktyke, indien nodig, voorgestel word.
Die konsultasieproses sluit die volgende in:
  • ‘n Gratis evaluering van huidige status van die voerkraal. Hierdie evaluering sluit ‘n skriftelike vraelys asook besoek aan die voerkraal in.
  • ‘n Verslag, na aanleiding van die aanvanklike evaluasie, wat die kritiese prestasie areas sal uitwys wat aandag nodig het met aanbevelings wat met huidige praktyke verbeter kan word.
  • Mixcure baseer voerformulasies op inhuis geformuleerde konsentrate van strategiese voedingsbronne wat nie geredelik in die handel beskikbaar is nie en nie ekonomies deur kliënte self saamgestel kan word nie. Die samestelling van hierdie konsentrate word ook gedurig met nuwe kennis aangepas om die beste resultate aan kliënte te verseker.
  • Alle kostes van Mixcure word met die aankoop van hierdie konsentrate verhaal. Hierdie konsentrate maak slegs 1.5% van die totale formulasie uit is gewoonlik pryskompeterend en bekostigbaar.
  • Praktiese implementering van aanbevelings volgens prioriteit, bekostigbaarheid en praktiese haalbaarheid.
  • Beskikbaarheid op ‘n praktiese 24/7 basis omdat Mixcure verstaan dat elke voerkraaleienaar se belange ‘n prioriteit is ons tot elke kliënt se beskikking vir nodig raad en inligting benodig kan word.

Procedure of consultation

To provide effective advisory services, all aspects of the feedlot operation must first be carefully evaluated, including existing facilities and equipment, feed formulations and available feed resources, feeding practices, health control management, and related operational systems. These factors collectively determine the biological and economic performance of the feedlot and provide a clear indication of its overall productivity. Based on this assessment, necessary corrective or alternative actions and improvements can be identified and recommended.
The consultation process includes the following:
  • A complimentary evaluation of the current feedlot operation. This includes a structured written questionnaire as well as an on-site visit to the feedlot.
  • A detailed report following the initial assessment, identifying critical performance areas that require attention, together with practical recommendations to improve current management practices.
  • Mixcure bases its feed formulations on in-house formulated concentrates developed from strategic nutritional raw materials that are not readily available in the commercial market and cannot be economically sourced or blended by clients themselves. The composition of these concentrates is continuously adjusted in line with new knowledge to ensure the best possible results for clients.
  • All Mixcure costs are recovered through the purchase of these concentrates. These concentrates constitute only 1.5% of the total feed formulation and are generally price-competitive and affordable.
  • Practical implementation of recommendations based on priority, affordability, and operational feasibility.
  • Mixcure understands that each feedlot owner’s interests are the highest priority and we remain available to every client for ongoing advice and support on a practical 24/7 basis.

Kern waardes

Ons skep meetbare verbeterings in diereproduksie deur strategiese voeding, winsgewende stelsels, wetenskaplike kennis en betroubare langtermyn vennootskappe.

Integriteit
Ons verskaf eerlike, onafhanklike advies wat die kliënt se beste belange dien en nie dié van verskaffers se agendas nie. Die fokus is op vertroue, deursigtigheid en etiese besluitneming.
Wetenskaplike navorsing
Advies is op bewese resultate van biologiese kennis in terme van produksie en gesondheidswelstand van diere gebaseer. Die fokus is om besluite te neem op grond van betroubare en objektiewe wetenskaplike kennis.
Winsgewende produksie
Elke aanbeveling moet meetbare verbeterings in produksiedoeltreffendheid en finansiële opbrengste verwag en lewer. Die fokus is op groeitempo’s, laer koste van groei, karkaswaarde en -opbrengs.
Praktiese oplossings
Oplossings moet aan die verwagting en vereistes van praktiese uitvoerbaarheid voldoen. Die fokus is op implementering, infrastruktuur, klimaat en bestuursvermoë.


Vennootskap
Ons werk saam en aanvullend tot elke voerkraal; om met maksimum kennis en ondervinding oplossings te vind. Die fokus is op langtermynverhoudings, vertroue en gedeelde sukses.

Core values

We create measurable improvements in animal production through strategic nutrition, profitable systems, scientific knowledge, and reliable long-term partnerships.

Integrity
We provide honest, independent advice that serves the client’s best interests rather than supplier agendas. The focus is on trust, transparency, and ethical decision-making.
Wetenskaplike navorsing
Advies is op bewese resultate van biologiese kennis in terme van produksie en gesondheidswelstand van diere gebaseer. Die fokus is om besluite te neem op grond van betroubare en objektiewe wetenskaplike kennis.
Winsgewende produksie
Elke aanbeveling moet meetbare verbeterings in produksiedoeltreffendheid en finansiële opbrengste verwag en lewer. Die fokus is op groeitempo’s, laer koste van groei, karkaswaarde en -opbrengs.
Praktiese oplossings
Oplossings moet aan die verwagting en vereistes van praktiese uitvoerbaarheid voldoen. Die fokus is op implementering, infrastruktuur, klimaat en bestuursvermoë.


Vennootskap
Ons werk saam en aanvullend tot elke voerkraal; om met maksimum kennis en ondervinding oplossings te vind. Die fokus is op langtermynverhoudings, vertroue en gedeelde sukses.